The Crown (TV-reeks)

The Crown
GenreHistoriese drama
SkepperPeter Morgan
Besetting
TemamusiekkomponisHans Zimmer
Komponis(te)
  • Rupert Gregson-Williams (s. 1-2)
  • Lorne Balfe (s. 2)
  • Martin Phipps (s. 3-4)
Land van oorsprong
Oorspronklike taalEngels
Aantal seisoene5
Aantal episodes50
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s)
  • Peter Morgan
  • Stephen Daldry
  • Andy Harries
  • Philip Martin
  • Suzanne Mackie
  • Matthew Byam Shaw
  • Robert Fox
  • Tanya Seghatchian
  • Nina Wolarsky
  • Allie Goss
  • Benjamin Caron
Vervaardiger(s)Andrew Eaton
Vervaardigings-lokasie(s)VK
Speeltyd47-61 minute
Vervaardigings-maatskappy(e)
  • Left Bank Pictures
  • Sony Pictures Television
VerspreiderNetflix Streaming Services
Vrystelling
Oorspronklike netwerkNetflix
Beeldformaat4K (Ultra-HD)[3]
Oorspronklike vrystelling4 November 2016 (2016-11-04) –
tans
Eksterne skakels
Webwerf
Infobox instructions (only shown in preview)

The Crown is 'n historiese TV-dramareeks oor die bewind van koningin Elizabeth II, wat geskep en hoofsaaklik geskryf is deur Peter Morgan en vervaardig is deur Left Bank Pictures en Sony Pictures Television vir Netflix. Morgan het dit ontwikkel van sy dramarolprent The Queen (2006) en veral sy verhoogproduksie The Audience (2013).

Die eerste seisoen dek die tydperk van koningin Elizabeth se troue met prins Philip in 1947 tot die beëindiging van haar suster, prinses Margaret, se verlowing aan Peter Townsend in 1955. Die tweede seisoen handel oor die tydperk van die Suezkrisis in 1956 tot die aftrede van premier Harold Macmillan in 1963 en die geboorte van prins Edward in 1964. Die derde seisoen dek van 1964 tot 1977 en sluit Harold Wilson se twee tydperke as premier in. Dit stel ook Camilla Shand bekend. Die vierde seisoen handel oor die tydperk van 1979 tot die vroeë 1990's en sluit Margaret Thatcher se tyd as premier en prins Charles se troue met lady Diana Spencer in. Die vyfde en sesde seisoen, wat die reeks sal afsluit, gaan oor die koningin se bewind tot in die 21ste eeu.

Claire Foy vertolk in die eerste twee seisoene die rol van koningin Elizaberh II.

Vir elke twee seisoene vertolk nuwe akteurs die rolle om op te maak vir die verouderingsproses. Claire Foy speel die rol van die koningin in die eerste twee seisoene, met Matt Smith as prins Philip en Vanessa Kirby as prinses Margaret. Vir die derde en vierde seisoen neem Olivia Colman oor as die koningin, Tobias Menzies as prins Philip en Helena Bonham Carter as prinses Margaret. In seisoen drie sluit Josh O'Connor by die rolverdeling aan as prins Charles. In die vierde seisoen sluit die nuwe akteurs in Emma Corrin as lady Diana Spencer en Gillian Anderson as Margaret Thatcher. Imelda Staunton, Jonathan Pryce en Lesley Manville het by Colman, Menzies en Bonham Carter oorgeneem vir die laaste twee seisoene, terwyl Dominic West en Elizabeth Debicki die rolle van onderskeidelik Charles en Diana vertolk.

Die verfiling vind plaas in Borehamwood, Hertfordshire, asook deur die Verenigde Koninkryk en internasionaal. Netflix het die eerste seisoen op 4 November 2016 uitgereik, die tweede op 8 Desember 2017, die derde op 17 November 2019, die vierde op 15 November 2020 en die vyfde op 9 November 2022.[4] Teen 2020 was die geraamde vervaardigingsbegroting van The Crown na berig word $260 miljoen, wat dit die duurste TV-reeks maak wat nog vervaardig is.[5]

The Crown het lof by resensente ontvang vir die toneelspel, regie, skryfwerk, kinematografie en vervaardiging, hoewel die historiese onakkuraathede soms kritiek ontlok, veral in die vierde seisoen. Dit het al verskeie pryse en benoemings gewen, insluitende altesaam 63 Emmy-benoemings vir die eerste vier seisoene, waarvan dit 21 gewen het.[6] Die reeks het ook die Golden Globe vir beste TV-dramareeks ontvang op die 74ste en 78ste toekenningsaand, met nog pryse vir Foy, Colman, Corrin, O'Connor en Anderson.[7]

  1. "Netflix plans original UK drama about the Queen". BBC News. 23 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2019. Besoek op 21 Junie 2018.
  2. Brown, Mick (3 November 2016). "The Crown: Claire Foy and Matt Smith on the making of the £100m Netflix series". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2016. Besoek op 4 November 2016.
  3. "The Crown". Real or Fake 4K. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2017. Besoek op 31 Maart 2017.
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Season5Premiere
  5. "From The Crown to Game of Thrones: what's the most expensive TV show ever?". The Guardian. 16 November 2019. Besoek op 9 Junie 2021.
  6. "The Crown". Television Academy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2020. Besoek op 1 Augustus 2020.
  7. "Crown, The". www.goldenglobes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 6 Januarie 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy